eBoek Formateringsdienste vir Afrikaanse Manuskripte

Skakel jou manuskrip oor na`n eBoek en maak dit beskikbaar op alle e-lesers.

eBook formatting

Boonop Engelse proeflesing- en redigeringsdienste, verskaf ons maatskappy ook eBoek formateringsdienste vir Afrikaanse tekste. Alhoewel ons nie redigering van boeke in `n ander taal as Engels bied nie, het ons opgeleide personeel om professionele eBoek formateringsdienste en voorblad ontwerp aan Afrikaanse skrywers te lewer.

Die outomatiese omskakeling van manuskripte na eBoeke is `n goeie manier om uitleg en formateringsfoute op te gaar wat jou leser se aandag heeltemaal van jou werk aftrek. Ons omskakelingsproses maak gebruik van geprogrammeerde omskakeling wat dan opgevolg word met `n noukeurige, bladsy-vir-bladsy hersieningsproses om enige foute wat die sagteware begaan het, na te gaan en te herstel.

Ons bied eBoek formatering vir Amazon Kindle (82% van die mark), wat gebruik maak van die .mobi formaat. Ons formateer ook eBoeke vir feitlik alle ander handelaars, aangesien amper elke handelaar benewens Amazon gebruik maak van die .epub formaat. (Ons .epub dokumente is versoenbaar met Smashwords, die grootse eBoek verspreidingsdiens vir onafhanklike skrywers.)

Kry `n kwotasie vir eBoek formatering (.mobi vir Amazon Kindle en .epub vir almal anders).

Voor jy reg is om `n eBoek te skep, het jy `n voorbladontwerp nodig.

Alle aanlynhandelaars vereis `n voorblad. Jy kan meer oor voorbladontwerpopsies leer deur hier te kliek.

Pasop!

Daar is verskeie agterbakse maatskappye daar buite, veral diƩ wat baie goedkoop dienste bied, wat slegs gebruik maak van outomatiese sagteware vir die omskakeling van jou manuskrip na `n eBoek. Hierdie benadering lei telke male tot `n slegte formaat en uitleg in die eindresultaat. Ons weet watse moeite dit is om `n manuskrip te voltooi en dink daarom dat dit sinneloos is om jou werk aan jou lesers oor te dra op `n slordige wyse. Ons benadering maak ook gebruik van sagteware, maar daarna word elke bladsy met die hand nagegaan om te verseker dat jou boek lyk soos jy gedroom het dit sal.

Vir watter tipes boeke is ons die beste geskik?

Ons is mees geskik vir verhalende Afrikaanse boeke (fiksie, verhalende nie-fiksie) en boeke wat meestal verhalend is. Anders gestel, is ons gepas vir sowat 95% van die leesstof wat Afrikaanse lesers aanskaf en in belangstel. Benodig jy eBoek PDF formatering, eBoek formatering met fotos/beelde of addisionele eBoek formate? Indien wel, kontak ons gerus om te gesels oor jou behoeftes.

Moet jy op Amazon publiseer, of oral?

Skrywers wat hulle eBoeke slegs deur Amazon in die Kindle formaat versprei, is besig om bykans een uit elke vyf (18%) lesers op soek na eBoeke, mis te loop. Dis nogals baie onbereikte lesers en verkope. Ons kan jou skryfwerk omskakel van beide Microsoft Word na .mobi en van Microsoft Word na .epub om jou werk bloot te stel aan sovel lesers as moontlik.

Kry `n kwotasie vir eBoek formatering (ons kontakbesonderhede aanlyn is in Engels, maar skryf gerus aan ons in Afrikaans of Engels).