Boek Vertaaldienste Van Afrikaans na Engels

Afrikaans Book Translation Services

ProofreadingServices.com vertaal fiksie en nie-fiksie boeke van Afrikaans na Engels, en help skrywers om nuwe lesers te bereik en meer boeke te verkoop. Ons professionele vertaaldienste is 100% mens gebaseer – nooit outomaties nie – en ons is trots daarop dat ons akkurate vertalings lewer terwyl ons die skrywer se stem en styl behou.

Kontak ons vir ‘n literêre vertaalkwotasie.

Waarom jou boek van Afrikaans na Engels vertaal?

Jy het maande spandeer om jou boek te skryf, so waarom die impak daarvan beperk deur dit slegs in Afrikaans te publiseer? Die beste manier om miljoene mense te bereik wat nie Afrikaans lees nie, is om jou werk na Engels te vertaal. Met professionele Engelse vertaling sal jy nie net jou lesers vermeerder nie, maar ook jou verkope verhoog.

Watter boek vertaaldienste bied ons?

Ons bied vertaling van Afrikaans na VSA of VN Engels met aparte proeflees deur ons Engelse span. Terwyl ander dienste slegs jou boek vertaal, vertaal ons die teks en stuur dit na ‘n Engelse kundige wat vreemde bewoording regstel en foute opspoor. ProofreadingServices.com het juis as ‘n vertaal- en redigeringsdiens begin, en ons span sluit van die beste Engelse redigeerders in die wêreld in.

Watter soort manuskrifte vertaal ons?

Ons vertaal novelles, nie-fiksie werk, kinderboeke, en meer van skrywers van regoor die wêreld. Ons spesialiseer in…

  • Literêre boeke, soos wetenskapsfiksie, raaisels, romanse en historiese fiksie
  • Akademiese boeke, soos manuskrifte oor filosofie, geskiedenis, wetenskap en ander onderwerpe
  • Besigheidsboeke, soos eBoeke oor produktiwiteit, leierskapsboeke en meer

Ons het al met duisende kliënte gewerk wie se boeke oor baie genres en onderwerpe gestrek het – van fiksie vir jong volwassenes, tot memoirs, tot kookboeke, tot nie-fiksie boeke oor politieke wetenskap, tegnologie en kuns. In kort, ons jare se ervaring tesame met ons wye netwerk taalkundiges beteken dat ons boeke kan vertaal en proeflees wat in byna enige taal, of enige onderwerp is.

Waarom ons Afrikaans vertaaldienste vir jou boek kies?

By ProofreadingServices.com, ken ons toe aan literêre vertalers, nie algemene vertalers nie. ‘n Kundige vertaler sal wyer gaan as bloot letterlike word-vir-woord vertaling om die konvensies van jou genre te behou en die nuanses van jou stem en skryfstyl te bewaar.

Ons beoog om dit maklik te maak vir skrywers van regoor die wêreld om kontak te maak met topvertalers en Engelse proeflesers. Of jy nou in Johannesburg, Kaapstad, Ethekwini of enige ander plek woon, ons Afrikaans-na-Engels vertaling met aparte proeflees is 'n eenvoudige manier om meer lesers te help om jou boek te koop en van jou werk te geniet. Ons is daartoe verbind om vertaaldienste van hoë gehalte, fantastiese klantediens en bekostigbare tariewe te lewer, en ons waarborg jou tevredenheid met ons werk.

Kontak ons vir ‘n vertaalkwotasie.