Professionele Aanlyn Vertaaldienste

Afrikaans Translation Services

ProofreadingServices.com bied professionele vertaaldienste van Afrikaans na Engels, van Engels na Afrikaans, en in verskeie ander taalpare. Hoewel ons beter bekend is vir ons Engelse proeflees- en redigeringsdienste vir akademici, werksoekers, besigheidsmense en skrywers van regoor die wêreld, bring ons menslike vertaaldienste steeds ons doelwit na vore deur hoë kwaliteit werk, fantastiese dienslewering en bekostigbare fooie te bied.

Kontak ons vir ‘n vertaalkwotasie.

Watter vertaaldienste bied ons aan?

Wil jy publiseer in ‘n Engelssprekende land, Engelse joernaal of iets anders? Ons bied vertaling van Afrikaans na Engels met aparte proeflees deur ons Engelse span.

Wil jy jou inhoud beskikbaar stel aan die biljoene mense wêreldwyd wat nie Engels praat nie? Ons bied vertaling van Engels na Afrikaans, Deens, Zulu en meer.

Ons spesialiseer in …

  • Akademiese vertaling. Laat ons span jou joernaalartikels, navorsingsdokumente en tesisse na Engels vertaal, of van Engels na Afrikaans, sodat jy wyer kan publiseer en die impak van jou werk kan uitbrei.
  • Besigheidsvertaling. Om jou maatskappy se webtuiste, webjoernaal, bemarkingsmateriaal en ander besigheidsinhoud te vertaal, is die sleutel daartoe om jou besigheid te groei – en meer geld te maak.
  • Literêre vertaling. Jy het hard gewerk aan jou manuskrip, of dit nou ‘n novelle, memoir of draaiboek is. Professionele menslike vertaaldienste kan jou lesersgetal dramaties vermeerder en ‘n globale gehoor skep wat jou werk geniet.

By ProofreadingServices.com het ons span taalkundiges derduisende dokumente vertaal vir tevrede kliënte in Johannesburg, Kaapstad, Ethekwini en regoor die wêreld. Anders as ander vertaalmaatskappye, bied ons proeflees saam met ons Afrikaans-na-Engels vertaaldienste om vertaalde dokumente te bied wat klink asof hulle deur ‘n moedertaalspreker geskryf is.

Wie is ons?

Die vertalers by ProofreadingServices.com het die kennis en ervaring om jou werk akkuraat te vertaal, en steeds jou stem en styl te behou. Omdat ons Afrikaans vertalers in ‘n reeks onderwerpe spesialiseer – van boerdery tot geografie – sal jou projek toegewys word aan ‘n spanlid wat vertroud is met jou veld. So of jy nou ‘n abstrak, ‘n aanbevelingsbrief, of nie-fiksie materiaal van Engels of na Engels wil vertaal, kan jy ons span Afrikaanse vertalers vertrou om ‘n hoë kwaliteit vertaling van jou projek te produseer.

Waarom ons Afrikaans taaldienste kies?

By ProofreadingServices.com maak ons dit vir skrywers van regoor die wêreld maklik om in verbinding te tree met top vertalers en Engelse proeflesers. Ons bekostigbare, akkurate vertaaldienste vir besighede, akademici en skrywers sal jou help om uit te brei na internasionale markte, ongeag die taal of onderwerp. Ons is trots op die hoë kwaliteit standaarde wat ons professionele vertalers handhaaf, en ons waarborg dat jy tevrede sal wees met ons werk.

Kontak ons vir ‘n vertaalkwotasie.