eBoek Voorbladontwerp en Boek Voorbladontwerp vir Afrikaanse Outeurs

Vermeerder jou verkope en vergroot jou gehoor met professionele voorbladontwerp. cover design

Ons is `n Engelse proeflees en redigerings-maatskappy wat ook voorbladontwerp vir gedrukte en elektroniese boeke aanbied. Alhoewel ons nie boeke in ander tale as Engels redigeer nie, lewer ons voorbladontwerpdienste aan outeurs wêreldwyd. Al sit jy in Kaapstad met `n Afrikaanse boek, sal ons steeds vir jou `n professionele voorblad vir jou gedrukte of elektroniese boek ontwerp. Kry nou `n voorbladontwerp kwotasie.

Waarom gebruik maak van `n ervare voorbladontwerper?

Die kort antwoord is dat jy meer professioneel sal voorkom en waarskynlik meer boeke sal verkoop.

Met etlike miljoene boeke vir lesers om van te kies, het `n boek se voorblad werklik `n sterk invloed op die keuse van `n leser. `n Professioneel-ontwerpde boek lok lesers en dra ook die styl en genre van die boek oor. Ons voorbladontwerpers mik om die aandag van nuwe lesers binne die eerste vyf sekondes te vestig, beide in aanlyn en in gedrukte media. Volgens `n opname deur die uitgewers-blog The Book Smugglers, gee vier uit vyf lesers te kenne dat `n boek se voorblad `n beslissende invloed het op hulle koopsbesluite en twee uit vyf lesers sê dat `n voorblad al die hoof rede was in hulle besluit om `n boek te koop.

Professors van bemarking, Alain d’Astous en Francois Colbert het wetenskaplik vasgestel dat `n professioneel-ontwerpde voorblad `n boek se verkope vermeerder. Hulle het bevind dat `n aantreklike voorblad lei tot groter belangstelling onder verbruikers en `n indruk skep van hoër kwaliteit van `n boek. Die gevolgtrekking van hulle navorsing was dat voorbladontwerp `n noemenswaardig groter impak het op verkope as die reputasie van `n spesifieke uitgewer. Maar dis nog nie al nie; `n professioneel-ontwerpde voorblad lei tot 18% meer opbrengste vir diegene wat self-publiseer, dít volgens vraagstukke oor self-publisering wat deur Taleist aan meer as 1,000 outeurs gelewer is.

Wil jy jou verkope `n hupstoot gee en meer lesers lok, beide aanlyn en in gedrukte media? Kry nou `n kwotasie vir voorbladontwerp (alhoewel ons kontak-bladsy in Engels is, kan enige korrespondensie gerig word in watter taal jy okal gemaklik is).

Hoe Ons Voorbladontwerpsdiens Werk

Die ontwerpskonsultant van jou boek se voorblad sal saam met jou werk om huidige verbruikerstendense en effektiewe voorbladontwerpsstrategieë om te sit na maksimale verkope en die uitbreiding van jou gehoor. Sy sal drie ontwerpsidees aan jou lewer om van te kies, waarna jou terugvoer gebruik word om `n finale voorbladontwerp aan jou te lewer as `n PDF en JPEG.

Voorbeelde van Ons Span se Voorblaaie

Uitgekeerde Engelse voorblaaie geskep deur ons ontwerpers is onder te sien. Voorbeelde van Afrikaanse voorblaaie kan op aanvraag besigtig word.



Kry `n kwotasie

Kry `n kwotasie vir voorbladontwerp (alhoewel ons kontak-bladsy in Engels is, kan enige korrespondensie gerig word in watter taal jy okal gemaklik is).